Braairooster
Soutbak
Kunsmisstrooier aan trekker
Gradeboog
Meter vir spilpuntdam
Draadbinder vir pale en sparre
Ontsmettingsmiddel - en seeptoediener
Paaltjieplanter/uittrekker
Insolator vorm
Baalroller
Bekslaner
Voetpomp
Verskuifbare krip
Kruietuin uit afvalmateriaal
Vesconite Bearing
Vesconite Bearing housing
Baalkerwer
Aartappel-halmtopper
15 m Vibroflex
Skaalhanger
Kunsmistoediener
Kunsmistoediener 2
Pampoenplanter
Lekbakke
Bord wat roteer om koek te versier
Lusernsnyer
Plaat sny- en buigmasjien

Met die aankondiging van Virtueel Nampo 2020 se digitale skouwerf, kan almal nou saam kom kyk na die beste boereplanne wat mense landwyd maak om alledaagse uitdagings op die plaas te oorkom.
Vanjaar lyk die kompetisie daarom effens anders, maar dit sal steeds op die vernuf en vindingryke skeppings van planmakers fokus.
Omdat die kompetisie op ’n virtuele platform gaan leef, moet inskrywings vanjaar van ’n video vergesel wees.
Dit is ook ’n lekker geleentheid om jou kinders of kleinkinders te betrek. Skiet die video sommer met ’n slimfoon, terwyl jy beduie hoe jou boereplan werk en vertel waarvoor dit gebruik word. Wees duidelik in dit wat jy sê en maak seker dat die video jou boereplan duidelik wys. Onthou, dit is dikwels eenvoud wat ondernemingsgees en ware planmakery die beste beklemtoon.
In jou video en inskrywingsvorm moet jy hierdie drie vrae beantwoord. Jy kan dit in drie afsonderlike videogrepe vir ons stuur of as 'n geheel. Onthou, die beoordelaars gebruik hierdie inligting en video(s) om jou boereplan te beoordeel:
- Wat is die doel van die boereplan en watter uitdaging spreek dit aan?
- Waaruit is dit gemaak en hoe het jy die boereplan ontwikkel?
- Verduidelik hoe dit werk?
Inskrywings moet van die amptelike inskrywingsvorm, of al die inligting in die regte volgorde soos op die vorm, vergesel wees. Video’s moet verkieslik in MP4- of WMV-formaat wees. Die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.
Afdelings
Die reëls vir Landbou Boereplanne is aangepas in die gees van die uitdagende tyd wat ons vanjaar beleef. Die reëls sal egter weer gewysig word na die normale formaat vir Nampo-oesdag op Nampopark. Net vir vanjaar sal daar dus net twee afdelings wees en inskrywings van oral in die land (en buurlande) word aanvaar.
Afdeling A is boereplanne wat meer as R5 000 kos om te maak en sluit in:
- Nuwe masjinerie, werktuie en landboutoerusting, rekenaarprogrammatuur, slimfoontoepassings en enige ander tegnologie.
- Gemodifiseerde masjinerie, implemente en landboutoerusting, rekenaarprogrammatuur, slimfoontoepassings en enige ander tegnologie.
- Gereedskap wat alle elektriese sowel as nie-elektriese gereedskap insluit.
- Planne wat in die huis, kombuis en ook die tuin gebruik kan word.
Afdeling B is enige item soos hierbo met ’n vervaardigingskoste van minder as
R5 000.
Let wel dat deelnemers ’n maksimum van vyf inskrywings in een van die bogenoemde afdelings kan inskryf. Dieselfde deelnemer kan nie in albei afdelings meeding nie.
Inskrywings
Inskrywings moet die organiseerders voor of op Woensdag 2 September bereik.
Die wenners sal op Donderdag 10 September om 10:00 by die virtuele stalletjie van Landbou Boereplanne bekend gemaak word.
Rig inskrywings aan me. Carien Grobler by carien.grobler@omnia.co.za of stuur dit per WhatsApp na 061 508 1136. Deelnemers wat per WhatsApp inskryf, kan die inligting op die inskrywingsvorm noukeurig en in die regte volgorde in ’n WhatsApp-boodskap stuur. As jy ’n gerief soos Google Drive, Dropbox of WeTransfer wil gebruik, skakel vooraf met Carien.
Navrae:
Me. Carien Grobler by carien.grobler@omnia.co.za of 061 508 1136.